Waarheen sal die donker spoor hom lei? Hulle kry haar lyk in ’n veld. ’n Tienermeisie – verkrag, gemartel, vermoor. En sy’s nie die eerste een nie. Adjudant-offisier Jan Magson moet die reeksmoordenaar vang. Hy moet die slagoffers se ma’s en pa’s in die oë kyk en hul vrae beantwoord, maar hy kan nie. Hy kan nie eens sy eie vrae beantwoord nie. Want agter hom lê daar ook ’n donker spoor … Kort voor lank haal die moorde hoofopskrifte en die gemeenskap eis antwoorde: Hoekom trek die polisie nie die boosaard vas nie? Toe ’n ma ’n brief vir die koerant skryf en ’n pa ’n beloning uitloof, word dinge op ’n mespunt gedryf. Bevind Magson hom op nóg ’n dwaalspoor of is hy uiteindelik op die donker spoor wat hom na die ware antwoorde sal lei? Donker spoor was blitsverkoperskrywer Martin Steyn se bekroonde debuutroman. In dié splinternuwe heruitgawe met ’n treffende nuwe omslag kan lesers weer saam met Jan Magson in die duistere psige van die moordenaar delf.
Donker spoor
R304,35 Original price was: R304,35.R231,30Current price is: R231,30.
Pay in flexible instalments over 3, 4 or 6 months with Stitch Buy Now Pay Later.
SAGTEBAND
Estimated delivery dates: Tuesday 3. March - Tuesday 10. March
Be the first to review “Donker spoor” Cancel reply
Related products
-24%
-24%
-24%
-24%
-24%
-24%
-24%
-24%



Reviews
There are no reviews yet.