Lily Linvelt se enigste missie is om ‘n oeroue blommetjie in Ierland, in die Burren, te vind. Sy moet ‘n elikser maak om haar ma te red wat ‘n paar maande gelede deur ‘n bloedsuiervlermuis in die einste Burren gebyt is. Terwyl sy daar is, ontmoet Lily vir Sterling Ashford. Hy is ‘n natuurbewaarder en -kenner en hy help vir Lily om die seldsame blommetjies op te spoor. Hy is beeldskoon en enigmaties. Geheimsinnig en verleidelik. Sy hele wese drup van … betowering. Lily kom egter voor meer uitdagings te staan. Sy ontdek ‘n geheim oor Sterling wat die wind uit haar seile neem en ‘n bonatuurlike wêreld vir haar oopsluit, een wat sy gedink het net in fantasiee bestaan. Cobalt, die parfumeur by wie sy enfleurage leer doen, en sy honde het boonop hulle eie duistere agenda. Die magiese blommetjies groei ook net in die diepste gevaarlikste deel van die Graganwoud en vele vyandige wesens staan haar en Sterling tee om betyds die elikser vir haar ma te maak …
Elikser
R217,39 Original price was: R217,39.R165,22Current price is: R165,22.
Pay in flexible instalments over 3, 4 or 6 months with Stitch Buy Now Pay Later.
SAGTEBAND
Estimated delivery dates: Tuesday 3. March - Tuesday 10. March
Be the first to review “Elikser” Cancel reply
Related products
-24%
-24%
-24%
-24%
-24%
-24%
-24%
-24%



Reviews
There are no reviews yet.