Daar is geen vaste resep om ’n “goeie onderwyser” te word nie. Probeer-en-tref is dikwels die enigste manier om uit te vind wat die beste vir ’n spesifieke persoon in ‘n spesifieke konteks werk. Dit kan ’n angswekkende vooruitsig wees om vir die eerste keer in ’n klaskamer te moet instap. Help! Ek is ’n studente-onderwyser bied leiding en ondersteuning aan studente- en beginneronderwysers in hul strewe om doeltreffende leer te bevorder, veral in Suid-Afrika se komplekse skoolomgewing.
Help! Ek is ’n studente-onderwyser fokus op praktiese toepassings wat studenteonderwysers sal help om daardie vaardighede te ontwikkel wat noodsaaklik is vir doeltreffende onderrig. Opdragte, aktiwiteite en oefeninge skep geleenthede om oor die inligting te besin en dit in die werklike skoolomgewing toe te pas, terwyl wenke en voorstelle suksesvolle implementering in die hand werk.
Inhoud sluit die volgende in:
Waardegedrewe skole
Die studente-onderwyser en die onderrigkonteks
Ontwikkeling van fasiliteringsvaardighede
Ontwikkeling van die kritiese denker
Doeltreffende implementering van opvoedkundige media
Integrering van inligtings- en kommunikasietegnologie in jou onderrig
Die skooladministrasiebestuurstelsel
Klaskamerassessering
Beplanning van jou les
Dissipline in die klaskamer en daar buite
Die studente-opvoeder en die reg
Help! Ek is ’n studente-onderwyser is gemik op studente-onderwysers, sowel as nuwelingonderwysers, in alle fases. Dit is ook ’n noodsaaklike hulpbron vir mentors wat leiding en rigting aan studente- en beginneronderwysers moet gee.
Help! Ek is ‘n studente-onderwyser Vaardigheidsontwikkeling vir onderwyspraktyk
R525 Original price was: R525.R455Current price is: R455.
Estimated delivery dates: 25th April - 30th April
SKU: 9780627040894
Reviews
There are no reviews yet.