In die hedendaagse multikulturele en inklusiewe klaskamer word onderwysers met meer uitdagings gekonfronteer as ooit tevore. Onderwysers moet die kurrikulum kan interpreteer en implementeer, en daarby kurrikulumontwerp, benaderings tot kurrikulum, verskillende kurrikulummodelle, wetgewing en vasgestelde beleid begryp. Kurrikulumstudies in konteks voorsien deeglik gefundeerde, gedetailleerde en praktiese riglyne, met verwysing na die KABV, ten einde onderwysers te help om doeltreffende onderrig, leer en assessering te bevorder.
Kurrikulumstudies in konteks vernou die gaping tussen die kurrikulum as plan, onderrigontwerp en onderwyspraktyk. Die benaderings van Tyler, Stenhouse, Freire en verskeie ubuntu-teoretici dien as ’n teoretiese begronding vir ’n dieper begrip van die onderwyser se rol as interpreteerder van die kurrikulum. Daar word verder verwys na die invloed van kontekstuele aspekte, dekolonisasie, Afrikanisering en kurrikulum-innovasie.
Die inhoud omvat onder andere die volgende:
Teoretiese raamwerke vir kurrikulumontwikkeling
Die verstaan van die kurrikulum binne konteks
Die rol van ubuntu-beginsels tydens kurrikulumontwerp en innovering
Inagneming van beleid by die interpretasie en implementering van ’n kurrikulum
Praktiese riglyne vir kurrikulum-innovasie om doeltreffende onderrig, leer en assessering te bevorder
Kurrikulumstudies in konteks is bedoel vir onderwysers in die Algemene Onderwys en Opleiding (AOO-) en die Verdere Onderwys en Opleiding (VOO-) fases.
Dr. Celia Booyse het ’n DEd-graad in Didaktiek met verdere spesialisering in onderrigwetenskap en assesseringspraktyk. Sy was voorheen senior bestuurder van die Eenheid vir Statistiese Inligting en Navorsing by Umalusi, die Raad op Kwaliteitsversekering in Algemene Onderwys en Opleiding en Verdere Onderwys en Opleiding, en staan tans aan die stuur van Programontwikkeling en Gehalteversekering by Akademia, ’n private hoëronderwys-instelling. Sy is ’n kenner van navorsingsmetodologie, die ontwikkeling van navorsingsinstrumente, data-analise, kurrikulum- en onderwysstudies, die toepassing van tipologieë, en doeltreffende onderrig-, leer- en assesseringspraktyke. Sy het 25 jaar ervaring van samewerking met ’n verskeidenheid belanghebbendes in die opleiding van onderwysers, insluitende die ontwikkeling van kursusmateriaal.
Prof. Elize du Plessis het ’n DEd-kwalifikasie en 34 jaar ervaring in afstandsonderrig. Sy is tans ’n professor in die Departement Kurrikulum- en Onderrigstudies by Unisa en is betrokke by kurrikulumontwikkeling in die Skool vir Onderwysersopleiding. Sy is die Programbestuurder van die Nagraadse Onderwys Sertifikaat (Senior en VOO Fase). Sy het bydraes gelewer tot verskeie boeke en ’n verskeidenheid vaktydskrifte en het referate gelewer op nasionale en internasionale kongresse.
Prof. Mncedisi Maphalala is professor en dekaan van die Fakulteit Opvoedkunde aan die Universiteit van Zoeloeland (UniZulu). Hy was voorheen dosent aan die Universiteit van die Witwatersrand en Unisa. Hy is redakteur van twee boeke en twee spesiale vaktydskrif-uitgawes. Hy is outeur van ’n aantal hoofstukke in boeke asook navorsingsartikels in geakkrediteerde vaktydskrifte. Hy het referate gelewer op nasionale en internasionale kongresse.
Woutje Bron het ’n MEd-graad in Kurrikulumstudies. Sy werk tans as konsultant. Sy het 20 jaar onderwyservaring in die Grondslagfase en die Intermediêre Fase, asook 20 jaar ervaring in die opleiding van onderwysers en onderwyspraktisyns. Sy het die hoofstuk oor datahantering in die boek Wiskunde-onderrig in die Grondslagfase geskryf. Sy het verskeie geakkrediteerde programme vir die opleiding van onderwysers en praktisyns vir tersiêre inrigtings ontwerp, met die insluiting van die ontwikkeling van toepaslike kursusmateriaal.
Kurrikulumstudies in konteks
R405 Original price was: R405.R351Current price is: R351.
Estimated delivery dates: 25th April - 30th April
SKU: 9780627041402
Reviews
There are no reviews yet.