Tippie is nou beskikbaar in boeke vir babas en kleuters! Hierdie reeks is vol kleurryke illustrasies, snaakse karakters en verspotte stories wat beide kleuters en ouers sal laat giggel van plesier. In “Tippie se eerste boek oor troeteldiere” is Tippie op soek na die perfekte troeteldier. Tippie kan kies uit ʼn paar vreemde diere – van ovaalponie wat lief is vir macaroni tot ʼn marmot met ʼn pruik! Tippie en hierdie snaakse diere sal jou kleinding laat skaterlag terwyl hulle leer oor verskillende tipes troetel-diere. “Tippie se eerste boek oor kleure” is ʼn reënboogontploffing van emosies! Elke bladsy is vol helder kleure en basiese emosies, bekend aan kleuters. Jou kleuter sal leer om kleure soos rooi, groen, geel, blou en meer, en sal ook emosisies beter kan verstaan en identifiseer. Maak gereed vir ʼn paar teenoorgestelde-dag kaskenades in “Tippie se eerste boek oor teenoorgesteldes”! Tippie en Robin is vol grappies en doen presies die teenoorgestelde van wat hulle veronderstel is om te doen. Stel jou kleuter bekend aan die basiese konsep van teenoorgesteldes terwyl hulle vermaak word deur Tippie en Robin se pret en plesier. “Tippie se eerste boek oor syfers” is vol rumoerige pret wanneer Tippie en vier van sy maats hou ʼn pajama-partytjie. Laat jou kleinding lag en leer terwyl hulle die wêreld van die syfers 1-5 verken. Laastens is “Tippie se eerste boek oor klanke” ʼn prettige reis deur ʼn verskeidenheid van snaakse geluide. Terwyl jou kleuter leer oor verskillende tipes geluide, kan hulle heerlik giggel saam met die verspotte karakters. Sluit aan by die pret wanneer Oupa die prys wen vir die hardste nies, terwyl Robin giggel omdat Tippie sy onderbroek op sy kop dra. Kan jy raai watter geluid Tippie maak wanneer hy sy sap te vinnig drink? Wie het gedink dat geluide soveel pret kan wees?
Tippie se eerste boek-reeks boekpak
R343,48 Original price was: R343,48.R260,87Current price is: R260,87.
Pay in flexible instalments over 3, 4 or 6 months with Stitch Buy Now Pay Later.
SAGTEBAND
Estimated delivery dates: Tuesday 3. March - Tuesday 10. March
Be the first to review “Tippie se eerste boek-reeks boekpak” Cancel reply
Related products
-24%
-24%
-24%
-24%
-24%
-24%
-24%
-24%



Reviews
There are no reviews yet.