Die rol van ’n onderwyser is fundamenteel tot die verwerwing van die nodige wiskundige vaardighede en kennis wat deel uitmaak van die kind se vroeë en verdere ontwikkeling. Vanaf die jaar voor toetrede tot formele skoolopleiding (Graad R) tot die einde van die Grondslagfase (Graad 3), dra onderwysers by tot die belangrikste leersiklus en lê hulle leerders se grondslag vir die res van hul skoolloopbaan.
Wiskunde-onderrig in die Grondslagfase bied kritieke insig tot die basiese beginsels wat internasionaal sowel as nasionaal toegepas word, met ’n indiepte-bespreking van die onderliggende konsepte en teorieë aangaande wiskunde-onderrig aan jong leerders. Die konsepte afrikanisering van die kurrikulum en etnowiskunde word ook bespreek. Die temas wat in die boek aangespreek word, is gebaseer op die KABV-dokumente wat deur die Departement van Basiese Onderwys in 2012 uitgereik is en omsluit die fisiese, sosiale en konseptuele kennis wat leerders moet verwerf en op voortbou om sodoende hul wiskundige vaardighede vir die toekoms te ontwikkel.
Die inhoud sluit die volgende in:
Basiese beginsels oor die verwerwing van wiskundige vaardighede en kennis
Diversiteit in die wiskunde-klaskamer
Onderrig en leer van wiskunde in Graad R
Ontwikkeling van getalbegrip
Patrone, funksies en algebra in die Grondslagfase
Onderrig en leer van ruimte en vorm
Onderrig en leer van meting
Datahantering in die Grondslagfase
Wiskunde-assessering in die leerdergesentreerde klaskamer
’n Afdeling oor die gebruik van tegnologie in die onderrig en aanleer van wiskunde wat elke hoofstuk afsluit
Wiskunde-onderrig in die Grondslagfase is ’n onontbeerlike handleiding vir beginneronderwysers en studente vir die inrig van hul klaskamers, die beplanning van lesse vir die suksesvolle verkryging van wiskunde kennis en vaardighede, asook om wiskunde met selfvertroue te onderrig. Hierdie boek sal ook aan ouers toon wat van hulle kinders in die wiskunde klas verwag word.
Wiskunde-onderrig in die Grondslagfase n Gids vir Suid-Afrikaanse studente en onderwysers
R645 Original price was: R645.R559Current price is: R559.
Estimated delivery dates: 18th April - 23rd April
Be the first to review “Wiskunde-onderrig in die Grondslagfase n Gids vir Suid-Afrikaanse studente en onderwysers” Cancel reply
Related products
-13%
-13%
-13%
-13%
-13%
-13%
Reviews
There are no reviews yet.